Skryfindaba

Boeke Fanie

Skrywersbesoek en Boekuitstalling: 2014

Op 13 en 14 Maart is hier ‘n boekuitstalling by die skool en op die 13de kom Fanie Viljoen (skrywer van Slym, Nog 13 Spookstories en die Nova-reeks) ons skool besoek om met die leerders te praat.

Wenners van Versindaba 2013:

  • Gr 1- Anna van Biljon
  • Gr2 – Nicci de Jongh
  • Gr.3- Lené Vorster
  • Gr.4- Emma Hesseling
  • Gr.5- Gabi Joubert
  • Gr.6- George du Plooy
  • Gr.7- Christina Monteiro & Lila Ferreira

Kaapstad
Ons is op Bloubergstrand
Ek eet roomys met my regterhand
Ons speel lekker op die goue sand
Nou moet ons waai
Want daar is ‘n witdoodhaai
Die haai is baie, baie kwaai
Pappa sê kom ons laat waai
Hier kom die kwaai witdoodhaai
- Anna van Biljon: Gr.1O –

Kaapstad
Die wind waai die dogter se lint
En sy prober dit stywer bind

Die wind waai so erg
Die wolke kom oor die berg

12-uur knal die kanon
Terwyl ek speel in die son

Die see is mooi
En ek hou van die kleur rooi
- Nicci de Jong: Gr.2vZ –

Kaapstad
Hier het ek my hart geplant
In hierdie pragtige land
Die stad skitter,
Al is die weer soms bietjie bitter

Vier seisoene in ‘n dag-
dit kan jou laat lekker lag
Wie’s nou bang vir die ou Suid-Ooste wind,
ek is mos die wind se kind.

As dit so buite reën,
besef ek dat die Here ons seën
Op ‘n lekker sonnige dag,
laat stap in die berg
ons nie wag
- Lené Vorster:  Gr.3V –

Kaapstad
In die oggend is Tafelberg bedek met ‘n laag mis
Die hawe ruik soos vrot vis
Die skepe blaas hul mishorings
Bo alles steek die kasteel se torings

In die middag is dit lekker om akwarium toe te gaan
Om roomys te eet
En om op die hawemuur te staan
Dis iets wat jy nooit sal vergeet

In die aand gaan eet jy by ‘n restaurant
Drink skemerkelkies
Met jou tone in die sand
Eet lekker kreef en chillies wat  brand

Wil jy ‘n rustige vakansie in Kaapstad hê
Dit moet jy vir my sê
Kom dan gerus
Kom reis op die rooi bus
- Emma Hesseling:  Gr.4H –

Kaapstad

Van Robbeneiland tot Tafelberg
maak hierdie stad ‘n helder merk
‘n Merk in jou hart en ‘n merk in jou siel
Kaapstad is die stad wat ek aanbeveel

In die middel van die stad is Tafelberg
met pragtige natuurskoonheid oorgeverf
By die strande kan jy sonbaai en swem
Daar is ook ‘n teater sodat jy kan luister na ‘n stem

Jy kan gerus een van die markies gaan besoek
of by The Book Lounge gaan sit en lees – ‘n boek
Ons Robbeneiland was die tronk van Nelson Mandela
En by die stadion hoor jy vuvuzela

Kaapstad is die stad waar ek bly
Kaapstad is die stad van my

Kaapstad sal jy nêrens anders kry
- Gabi Joubert, Gr.5vdB -

Kaapstad

Almal is jolly in die Kaap
Maar die rugbyreff is gewoonlik ‘n aap

Almal is by die strand
met die blou see en die warm sand

Hier moet jy sunscreen smeer,
want ons son brand seer

Die Kapenaars like van braai
ook van waatlemoene saai
Daar’s baie bome en plante,
maar ons hoor taxis se klanke

Kaapstad maak my happy en bly
hierdie is die stad waar ekke stay
- George du Plooy:  Gr.6H –

Loflied vir Kaap van storms

O wonderlike Muizenberg
Jou sagte golfies werk elke keer -
honderde branderryers het daarop geleer

O wonderlike Kalkbaai
Met jou aantrekhuisies vol helder kleure
Jou vissershawe met geelstert en sardientjie geure
Terwyl die trein stadig deur jou vleg

O wonderlike Simonstad
Met jou blou-groen water en pikkewyn
Jou graniet wolkekrabbers
Waar tyd verdwyn

O wonderlike Kaappunt
Waar die twee oseane groet
Wat die woeste storms voed

O wonderlike Houtbaai
Met jou oulike robbe
Wat knibbel en kou
aan die duikers se vinne
In die diep-diep blou

O wonderlike Kampsbaai
Die Twaalf Apostels hou jou dop
Terwyl jy wegkruip agter die leeu se kop

Maar o wonderlike Tafelbaai
Wat Robbeneiland in jou arms hou
Jy word as een van die mooiste op die aarde beskou
- Christina Monteiro: Gr.7 S -

My droomland

Kaapstad – die warm, sagte, liefdevolle
ambisieuse, geheimsinnige
stad

Hy wag vir my
Vir my en vir jou

Tafelberg se voete plas opgewonde in die koue Kaapse see
Sy hare verf oor sy breë glimlag
Sy vlamrooi hart vonkel
Hy weet ek kom

Op die oewers van Valsbaai, sit sy – Muizenberg
in die luilekker sonnetjie
Haar tone krul in die sysagte sand
Soos ‘n arend in die potblou hemel
sweef sy
Haar arms teen die ritme van die Kaapse Klopse
Sy weet hy kom

In die middelpunt van Kaapstad staan Leeukop
hoogmoedig teen die geelbruin horison
Hy swaai sy stert
Links
Regs
Links

Sy brul weerklank teen die geluid van nuuskierige toeriste
Sy pote knetter die akkerbome se herfsblare
Hy weet ek kom

Die dag het gekom en die dag
het vergaan
maar my liefde vir Kaapstad
sal altyd
bly staan
- Lila Ferreira: Gr. 7S -

 

One thought on “Skryfindaba

Leave a Reply