Woord van die Week

Woord van die week #30: rompslomp

Wenner: Stephan le Roux, Gr.4vdV

Definisie: Omslagtige, vervelige gedoente

Sin: Ek het my werk bedank omdat ek nie meer met al die rompslomp opgeskeep wil wees nie.

_______________________

Woord van die week #29: wrintiewaar

Wenner: Jana Steyn, Gr.4vdV

Definisie: waarlik of werklik

Sin: Hy het jou wrintiewaar sy onderwyser geklap!

_______________________

Woord van die Week #28: lukraak

Wenner: Gina Norton, Gr.5dJ

Definisie: Per toeval, sonder ‘n uitgewerkte plan

Sin: Hulle het die nommers lukraak uit ‘n hoed getrek om ‘n wenner te kies

_______________________

Woord van die Week #  27: fop

­­­­­­­­­­­­Wenner: Anja van Zyl, Gr.5 dJ

Definisie: Vir die gek hou, bedrieg

Sin: Met ‘n skielike draai het die haas die hond gefop

_______________________

Woord van die week #26: karnallie

­­­­­­­­­­­­Wenner: Oscar de Waal, Gr.7S

Definisie: Geslepe persoon, skelm

Sin: Pasop vir hom, hy is ‘n regte karnallie!

Oorsprong: Vanaf Frans, Italiaans, Latyns en  Nederlands

_____________________

Woord van die week #25: uilspieёl

Wenner: Kristi Snyman, Gr.7 S

Definisie: Iemand wat verspotte dinge doen of sê.

Sin: As jy jou soos ’n uilspieël gedra in die kerk,
sal die dominee jou naam van die preekstoel af sê.

Oorsprong: So genoem na Tijl Uilenspiegel, die held van ‘n
Nederlandse storieboek, wat deur sy streke en sêgoed ander skaam gemaak het.

_____________________

Woord van die week #24: katswink­­­­­­­­­­­­­­­­­

Wenner: Lucas Wildenboer, Gr.4L

Definisie: bewusteloos

Sin: Hy het die arme kind katswink geslaan.

Oorsprong: Vanaf die Nederlandse woord, katzwijm ( beswyming soos die van ‘n kat)

______________________

Woord van die week # 23: skerts 

Wenner: Gina Norton, Gr. 5 dJ

Definisie: grappe maak of gekskeer

Sin: Moenie skerts oor dinge wat ander seermaak nie.

Oorsprong: Vanaf die Nederlandse woord, schertsen, en die Duitse word, schertzen, wat verband hou met die Latynse woord, scurra (hanswors).

______________________

Woord van die week # 22: flikflooi

Wenner: Miandri van Rooyen

Definisie: Iemand vlei met die doel om iets te kry.

Sin: Hy flikflooi verniet met my, ek sal hom niks gee nie.

______________________

Woord van die week #21: mombakkies

Wenner: Jana Steyn (Gr.4L)

Definisie: ‘n Masker, veral vir kinders. Word gebruik as ‘n tipe speelding.

Sin:  Kyk hoe snaaks lyk hy met sy mombakkies op!

Oorsprong: Vannaf die woord vermom

______________________

Woord van die week #20: fiemies

Wenners: Peet Karsten (Gr.2J) en Talitha Delpierre (Gr.5dJ)

Definisie: oordrewe keurigheid

Sin: My ma sê ek is vol fiemies, want ek eet net worsbroodjies nie,maar nie kool of pampoen nie.

Oorsprong: Vanaf die Latynse woord, fimus, wat vuilis beteken.

______________________

Woord van die week #19: kwinkslag

Wenner: Cecilia Willer (Gr. 4vdV)

Definisie: ‘n Slim, snaakse, meestal vinnige antwoord of opmerking.

Sin: Jan het altyd ‘n kwinkslag gereed op wat mens ookal sê.

_______________________

DIE WOORD VAN DIE WEEK SAL VOORTAAN OOR 2 WEKE STREK, MAAR HEET STEEDS ‘WOORD VAN DIE WEEK’

_____________________

Woord van die week #18: bloukous

Wenner: Oscar de Waal, Gr.7S

Definisie: Neerhalende benaming vir ‘n geleerde vrou wat nie hou daarvan om huisvrou te speel nie.

Sin: Ek sal in ‘n regte bloukous verander as ek my heeldag moet besig hou met was en stryk!

Oorsprong: Nederlands

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

One thought on “Woord van die Week

Leave a Reply