Boekebazaar

 Josh Thirion besoek ons skool

MY PASSIE VIR KOSMAAK …

 Josh Thirion is die jongste gepubliseerde skrywer in Suid Afrika. Hy kom uit ‘n baie kreatiewe familie en het al twee kinder resepteboeke uitgegee. Josh het ons skool besoek op Donderdag 20 November. Hy het vir ons baie oor homself vertel. Dit het als begin toe hy ag jaar oud was en  ‘n entrepreneursdag gewen het vir strokies prent resepteboeke wat hy self verkoop het. Hy wou van toe af begin kos maak. Sy boek is gepububpliseer in 2011. Josh in 2012 die Gourmand award gewen. Hy het al oorsee gereis en baie bekende sjefs ontmoet o.a. Buddy van “Cake Boss”, Gordan Ramsay, Reuben Riffel, Bill Granger en Eric Landlard. Sy gunstelling sjef is Gordan Ramsay selfs al kan hy ‘n bietjie kwaai raak in die kombuis. Toe Josh drie was het hy sy eerste  muffins gemaak en hy hou van X-Box animasie, teken, kook en om ander mense te help. Josh sê: Volg net jou passie, hart en droom om jou nuwe lewe te begin.

deur Hanna van der Westhuizen

SO 017

JOSH KOOK DAT DIE SOP SO SPAT!

Wat kon jy gekook het toe jy 9 was? Daar is baie min kinders wat kan sê soos Josh Thirion dat hulle hul eerste kookboek uitgebring het toe hulle so jonk was. Hy is die jongste gepubliseerde skrywer in SA en het laasjaar die Gourmand Award vir beste kinderkookboek in die wêreld gewen.

Op 20 November het Josh ons skool besoek en ons geinspireer met sy sukses al is  hy net 12 jaar oud. Hy het al verskeie beroemde sjefs insluitend Reuben Riffel, Cake Boss  en sy rolmodel Gordon Ramsay ontmoet. Hy was ook al ‘n paar  keer op televisie en is goed oppad om sy droom te bereik om ‘n bekende TV sjef te word.

Josh skryf nie net die resepte nie, maar hy illustreer sy boeke ook. Hy het sy liefde vir kook en sy passie vir teken gebruik om sy eerste boek vir die Mzansi markdag te skryf. Dit was so ‘n sukses dat iemand hom genader het om dit te publiseer. Hierdie projek het Josh se lewe heeltemal verander.

Josh  het al duisende kinders inspireer om te glo dat jy enigiets kan doen en dat almal talente het. Ons almal sien uit om nog baie van hom te hoor in die toekoms.

deur Janneke van der Walt

Kyk die oulike handtekening wat Josh my gegee het:

New Picture

_______________________________________________________________________

eendag-op-n-reendag-wendy-maartens-150x150[1]

Ons het na die storie Jakob slang word ‘n binneband (C.J. Langenhoven) uit Eendag op ‘n reëndag deur Wendy Maartens geluister en toe hierdie briefies aan Wendy geskryf :

Wendy brief 1Wendy brief 2Wendy brief 3    ****************************************************************************************

Die Graad 3 leerders en biblioteekmonitors besoek die Boekebeurs (Book Fair) by die KIKS!book fair1

Ons luister na skrywer Wendy Maartens:

book fair2

Logo WoordveertjiesOnthou julle nog toe die boekwurms in JvR deelgeneem het aan die ATKV Storieleesfees? Wel al wat hulle moes doen was om ‘n paar boeke te lees en dan hul gunsteling te kies.

Leerders regoor die land het gehelp met die verkiesing van vanjaar se wenners van die ATKV-Woordfeertjies. Leerders kon afsonderlik stem vir hul gunsteling skrywer en illustreerder.

Die wenners : ATKV Woordfeertjies 2014:

• Voorleeskategorie : Gr RR tot Gr 1: Ewald van

Rensburg met Bomani Meerkat (Christelike

Media publikasies)

• Die illustrasieprys gaan aan Tanja Joubert vir

Bomani Meerkat.

• Selfleeskategorie: gr. 2 tot gr. 3: Jaco Jacobs

vir Professor Fungus en die skrikwekende

Snotzilla (Lapa uitgewers)

• Die illustrasieprys gaan aan Johann Strauss

vir Professor Fungus en die skrikwekende

Snotzilla. (Lapa uitgewers)

• Selfleeskategorie: gr 4 tot gr. 5: Jaco Jacobs

(as Lize Roux) vir Stalmaats: rivierperde (Lapa

uitgewers)

• Die illustrasieprys gaan aan Celeste Vlok vir

Bastiaan Blom en die woedende weerwolf

(Lapa uitgewers)

• Selfleeskategorie: gr 6 tot gr 7: Fanie Viljoen

vir Spring (Lapa uitgewers)

• Selfleeskategorie: gr 8 tot gr 10: Eldridge

Jason vir Gerook (Lapa-uitgewers.)

Uit Die Burger 2014

Biblioteekmonitors : 2014

Biblioteekmonitors-2014

Resensies: Resensies word deur leerders self geskryf. Spel- en taalfoute word wel hersien, maar die inhoud is ons ywerige boekwurms se eie werk!

Resensie-BenjaminZackie Mostert en die meisie-moles (Jaco Jacobs)

Iemand het vir al die meisies in Zackie se skool ‘n brief geskryf dat Zackie hulle uitnooi na die Lentedans. Maar toe hulle uitvind da thy meer as een meisie genooi het, moet Zackie ligloop!

Ek dink Graad 2 tot 4 leerders sal baie hiervan hou. Ek gee hierdie boek 8 uit 10. Hierdie boek is snaaks en vol onverwagse kinkels. As jy nog nie ‘n Jaco Jacobs-boek gelees het nie, lees hierdie een!

-Benjamin Pienaar, Gr.3S

Resensie-NitaFranse vlegsel (Christien Neser)

Hierdie boek gaan oor ‘n meisie, Elle. Sy is smoorverlief op ‘n ou, Alex, tot hy eendag op ‘n stapelgek-avontuur gaan. Hy los vir Elle stoksielalleen by Gravitas met ‘n hartjie-hangertjie en ‘n tergende ultimatum…

Ek gee hierdie boek 8 uit 10. Dis vol avontuur, liefde  en humor. As jy hou van stories met ‘n gelukkige einde, sal jy baie hiervan hou. Dit is ‘n fantasmagoriese boek!

-Nita de Jager, Gr.5vdB

Spring (Fanie Viljoen)

Hierdie boek sal lekker wees vir seuns en meisies. Kinders van omtrent 7 tot 11. Die boek is oor Rudi, Steven en Marko met Lize daarby. Rudi en Steven maak ‘n simpel video op YouTube en  kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube! Een van hulle is Marko. “Die man met die plan…” ‘n gevaarlike plan. Eendag gaan hulle toe te ver…Ek gee die boek 9 uit 10

    Emma Bredenkamp Gr 5 DJ

Koue Rillings  (Francois Bloemhof, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen)kOUE RILLINGS

Ek hou nie van die boek nie, ek vrek daaroor! Die boek is nie koel nie, dit is yskoud!

Daar is ‘n nare gevoel in jou maag as jy een van die stories lees. Dit voel asof jou derms knoop, jou hart stop, jou bene vries en jou lyf sweet. Vind uit wat gebeur as zombies die wêreld oorneem, as daar ‘n oorlog tussen weerwolwe en mense is. Wat gebeur as jou broer ‘n 10cm lange vlieg in die veld optel! Vind self uit wat gebeur alles in die skrikwekkende boek. Moenie chicken wees nie!LEES DIE BOEK!

                                                                                                                      Dawid Oosthuizen, Gr.5dJ

Meneer Monster (Jaco Jacobs)

MENEER MONSTER

Laerskool Leeukloof het ‘n nuwe skoolhoof, meneer van Vuuren. Maar hierdie is nie net ‘n gewonde skoolhoof nie!Hoekom kies hy al die stoutste kinders in die skool om op ‘n kamp te gaan? Meneer van Vuuren is ‘n ALIEN!!Al die Graad 2’s tot 4’s sal hierdie boek geniet. Ek gee die boek 9½ uit 10.                                                                

                                                                          Jana Steyn, Gr.4L

 

 

Wonderlike ware dierestories (Wendy Maartens)

WONDERLIKE WARE DIERESTORIES

Dit is ‘n boek met 31 ware dierestories.

Daar is ‘n verhaal van ‘n leeu wat drukkies gee. Daar is ‘n verhaal van ‘n vark en ook ‘n kat wat iemand se lewe gered het. Daar is ook ‘n oulike storie oor ‘n perd wat kan lees en skryf. ‘n Wetenskaplike het hom geleer om te lees, skryf en ‘n antwoord te gee as iemand vir hom iets vra.

Ander wetenskaplikes wou natuurlik toe uitvind hoe hy dit reggekry het om ‘n perd al hierdie dinge te leer! Ek dink Gr.3-5 lesers sal hierdie boek geniet.Ek gee die boek  9 uit 10.

                                                          Thea de Lange, Gr.4L

Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies (Jaco Jacobs)

zackie klein

Zackie en Vincent wou pretpark toe gaan, maar hulle het nie genoeg geld gehad nie. Die plan om sakke vol geld te maak, was om lekker koekies te verkoop.

Mev. Langenhoven, die kwaai buurtannie, Juffrou Lourens en die kinders by die skool het dit alles gekoop. Die boelie, Anton Meyer, het drie pakke koekies gesteel. Maar die volgende dag was Zackie reg vir hom! Spesiale wurmkoekies is vir hom gemaak!

Nita besluit om op te staan teen die boelie. Die wurmkoekies beland toe in Nita se mond! Almal is kwaad en Zackie-hulle se straf was om elkeen drie wurms te eet. Hulle plan was om jellie-wurms te eet en om Anton uit te daag om regte wurms te eet. Nadat hulle nog geld gemaak het deur nog koekies te verkoop, kon hulle pretpark toe gaan. Maar Anton het uitgevind van die jellie-wurms. Voor jy kon se “erdwurm” het hulle die pad gevat. Ek dink die hele skool sal daarvan hou! Ek gee die boek 10 uit 10!                                                                                                                           

                                                                                                                               Chris Scott, Gr.3dG

 

Slym en die towertapyt (Fanie Viljoen)DSC_0004

Hierdie is die vierde boek in die Slym-reeks. Slym is ‘n wurm en sy beste vriend, Paddavoet, is ‘n padda. Hulle word eendag gevra om hulle juffrou se stoorkamer skoon te maak as straf en kom toe af op ‘n towertapyt. Daarmee vlieg hulle rond op soek na Slym se ouers. Ek dink seuns sal die boek meer geniet, want hulle praat baie van slymerige goed. Ek gee hierdie  boek 8 uit 10.

                                                       Peet Karsten, Gr.2J   

 

 

365 Goed om te teken en verf

Die boek gaan oor baie goed wat jy kan teken en verf. Ek dink dit is ‘n boek om op ‘n reënerige dag te gebruik. As jy baie kunstig is, sal dit jou gunsteling boek ooit wees. Ek gee hierdie boek 8 uit 10. Dit is die beste boek ooit! Ek het al baie van die aktiwiteite gedoen.

Dis mal pret! Die boek leer jou hoe om honde, haaie, skoenlappers, visse huise en nog baie ander dinge te teken en te verf. Die boek is baie lekker vir take. Ek hoop julle hou net soveel daarvan soos ek!

-Nita de Jager ,  Gr.5vdB         

                                                                                                                 

 

 

 

 

One thought on “Boekebazaar

Leave a Reply