Klaskaperjolle:

Van tyd tot tyd kom daar snaakse sê-goed in die klas uit. Ons deel dit met julle:

*’n Leerder in die biblioteek:  “Juffrou, waar moet ek hierdie boek bêre, by fiksie of onfiksie?” Ja-nee, in ons biblioteek het ons selfs fikse en onfikse boeke!

 *Hoe om jouself teen die HIV/AIDS-virus te beskerm (volgens die Gr.4s van 2014) : Bly weg van mense wat rooi strikkies dra!

* Twee komiese inskrywings vir Woord van die week:

Die oorsprong van die woord vabond : Dit kom van die Engelse woord vacebond.

Die definisie van vabond : ‘n Man wat een of meer kinders het.

* Onthou & vergeet:

Toe Juffrou Magriet ‘n leerder prys omdat sy onthou het om haar boeke by die biblioteek te kom haal, is haar reaksie: “Ek onthou baie goed en ek vergeet  baie goed, maar meestal vergeet ek!”

* Die eintlike betekenis van die woord rabbedoe (volgens een van ons vindingryke Jannies):

Re: Woord van die week: rabbedoe

Definisie : As jy bly is gebruik jy die woord “rabbedoe”

Ietsie ekstra oor die woord: Sê nou maar jy verjaar word jy so gelukkig dan spring jy uit die bed en skree “Rabbedoe!”

 

Leave a Reply