Taalgoggas

FOUTE WAT HEELTEMAL TE VEEL BEGAAN WORD

(Uit die antwoordstelle van EAT leerders)                     deur Marinda Jonas

SPELFOUTE:

famielie: Hier is ons familie se strandhuis.

finansieele: Dit is die finansiële implikasies.

gan: Gaan julle ook na die sportbyeenkoms?

gebryk: Ons moet minder water  gebruik.

geldtjies: Ek het al my geldjies gespaar.

geleenteid: Dis ‘n geleentheid om te vier.

gellukkig: Ek het gelukkig geen foute nie.

gemaklikke: Trek  gemaklike klere aan.

goed gekeer: My versoek is goedgekeur.

gunstelling: Droëwors is my gunsteling versnapering.

handteer: Hy hanteer ons finansiële sake.

hardseer: Almal is hartseer aan die einde van die vakansie.

heele: Ons het die hele periode gewag.

kla: Ons is uiteindelik klaar met skool.

kompetiesie: Ek het die kompetisie gewen.

kurses: Watter kursus gaan jy volgende jaar volg?

ma: Ek het haar gevra,maar sy het geweier.

moet nie: Jy moenie so baie baklei nie.

nogsteeds: Ek dink nog steeds hy is onskuldig.

onmiddelik: Jy moet onmiddellik stilbly.

opgewonder: Die dogtertjie was opgewonde toe sy die presente sien.

oppad: Na skool was ek op pad huis toe.

regtag: Is dit regtig wat hy gesê het?

seekere tyd: Jy moet al die vrae binne ‘n sekere tyd voltooi.

selaris: Sy verdien ‘n groot salaris.

skaape: Al die skape is in die kraal.

sopas: Ons het so pas die nuus gehoor.

TAALFOUTE

VERKEERD!

REG:

1) Ek,myself hou daarvan. 1) Ek hou daarvan.
2) Meeste mense is bang vir  slange. 2) Die meeste mense is bang vir slange.
3) Sonder dit sal jy nie slaag nie. 3) Daarsonder sal jy nie slaag nie.
4) Sy is bekommerd vir haar kinders. 4) Sy is bekommerd oor haar kinders.
5) Almal wat saam met my gewees het. 5) Almal wat saam met my was.
6) Wanneer dit klaar was, het ons huis toe gegaan. 6) Toe dit verby was, het ons huis toe gegaan.
7) Op die einde van die week was alles klaar. 7) Aan die einde van die week was alles klaar.

Uit: Klasgids, Februarie 2012, met vergunning van LAPA uitgewers.

Leave a Reply