FOUTE WAT HEELTEMAL TE VEEL BEGAAN WORD
(Uit die antwoordstelle van EAT leerders) deur Marinda Jonas
SPELFOUTE:
famielie: Hier is ons familie se strandhuis.
finansieele: Dit is die finansiële implikasies.
gan: Gaan julle ook na die sportbyeenkoms?
gebryk: Ons moet minder water gebruik.
geldtjies: Ek het al my geldjies gespaar.
geleenteid: Dis ‘n geleentheid om te vier.
gellukkig: Ek het gelukkig geen foute nie.
gemaklikke: Trek gemaklike klere aan.
goed gekeer: My versoek is goedgekeur.
gunstelling: Droëwors is my gunsteling versnapering.
handteer: Hy hanteer ons finansiële sake.
hardseer: Almal is hartseer aan die einde van die vakansie.
heele: Ons het die hele periode gewag.
kla: Ons is uiteindelik klaar met skool.
kompetiesie: Ek het die kompetisie gewen.
kurses: Watter kursus gaan jy volgende jaar volg?
ma: Ek het haar gevra,maar sy het geweier.
moet nie: Jy moenie so baie baklei nie.
nogsteeds: Ek dink nog steeds hy is onskuldig.
onmiddelik: Jy moet onmiddellik stilbly.
opgewonder: Die dogtertjie was opgewonde toe sy die presente sien.
oppad: Na skool was ek op pad huis toe.
regtag: Is dit regtig wat hy gesê het?
seekere tyd: Jy moet al die vrae binne ‘n sekere tyd voltooi.
selaris: Sy verdien ‘n groot salaris.
skaape: Al die skape is in die kraal.
sopas: Ons het so pas die nuus gehoor.
TAALFOUTE
VERKEERD! |
REG: |
1) Ek,myself hou daarvan. | 1) Ek hou daarvan. |
2) Meeste mense is bang vir slange. | 2) Die meeste mense is bang vir slange. |
3) Sonder dit sal jy nie slaag nie. | 3) Daarsonder sal jy nie slaag nie. |
4) Sy is bekommerd vir haar kinders. | 4) Sy is bekommerd oor haar kinders. |
5) Almal wat saam met my gewees het. | 5) Almal wat saam met my was. |
6) Wanneer dit klaar was, het ons huis toe gegaan. | 6) Toe dit verby was, het ons huis toe gegaan. |
7) Op die einde van die week was alles klaar. | 7) Aan die einde van die week was alles klaar. |
Uit: Klasgids, Februarie 2012, met vergunning van LAPA uitgewers.